Lewendige as

'n Lewendige as en Panhardstaaf aan 'n 2002 Mazda MPV

'n Lewendige as, soms ook 'n soliede as of balkas genoem, is 'n tipe suspensiestelsel wat gebruik maak van die dryfaste (wat die krag oordra na die wiele) as suspensie. Die lewendige as verbind die wiele sydelings sodat hulle saam beweeg as 'n eenheid.

'n Lewendige as bestaan uit 'n sentrale ewenaar in 'n enkele hulsel wat met soliede syaste verbind is aan die dryfwiele. Die ewenaar is weer verbind aan die enjin via 'n swaaibare (op-en-af) dryfas en 'n universele koppeling. Die volledige montering kan tipies gesuspendeer word met bladvere, kronkelvere of lugsakke.

In kleiner vragmotors en viertrekbakkies is soliede voorasse oor die algemeen deur onafhanklike voorvering vervang.

Sommige lewendige asse gebruik sleeparms, semi-sleeparms, 'n Panhard staaf of 'n Wattskoppeling om die vertikale en laterale bewegings van die as te beheer. Ander, veral ouer voertuie, gebruik Hotchkiss vering, waarin die bladvere 'n hegpunt vir die as verskaf, asook vering of suspense bied.

Karaktereienskappe van 'n lewendige as-suspensie

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy